Mia du Plessis

Hier volg my gesondheids verhaal, in kort, as getuienis oor die goedheid van die vrugte diëet.

Ongeveer 10 jaar terug het my kroniese Moegheid sindroom baie erg geraak. Die mediese wêreld se manier van genees het ek al 30jr gelede verlaat omdat die chemiese behandeling my sieker laat voel het en my oortuiging dat natuurlike genesing gesonder is.

ʼn Naturopaat sal my probleem kan oplos maar wou ook nie na enig een gaan nie. Daarom is ek bly dat my pad gekruis het met Dr Charl en Malinda du Randt.

Met my 1ste besoek in 2013 by Dr Charl du Randt en Malinda is daar heelwat foute uitgewys en daar leer ek dat my leefwyse drasties moes verander al het ek al volgens die bloedgroep diëet geleef. Met ʼn klomp aanvullings is ek huis toe en het stadig

maar seker aangepas by my nuwe leefwyse. Ten spyte van dat ek baie beter was en meer energie gehad het, kon ek steeds nie proteïene, dierlik of plantaardig, verwerk sonder reaksie nie.

Ek het besef dat my liggaam nie dierlike proteïene, bone of peulgewasse kon hanteer nie. My reaksie daarop was erge moegheid, hoofpyn, naar ens. Dus ʼn algehele goor gevoel. Dan bly ek daarsonder vir ʼn tyd wat my beter laat voel maar begin dit weer eet omdat ek onder die indruk was dat dit ʼn belangrike deel van mens se diëet moet wees. Deur die jare het ek gereeld opvolg besoeke gehad by Dr Charl en Malinda en al was my lesings redelik goed het die moegheid nie heel

verdwyn nie.

Ek het egter vir ʼn tyd nie weer opvolg besoek gedoen nie maar met my opvolg besoek einde Maart 2022 het ek genoem dat ek moeg is vir die moegheid wat nie met rus verdwyn nie en dat kos my moeg maak. Malinda het my vertel van die vrugte diëet met neute, rou groente en slaai en nou en dan gaar groente. Tuis het ek dadelik begin om net vrugte en geweekte neute te eet al was ek nog nie oortuig dat dit alle nodige voedingstowwe bevat nie en wou dit net vir 10 dae uittoets. Malinda het my inligting

gestuur van Dr Mors, ʼn Naturopaat in Amerika, wat bevestig dat dit 100% reg is om so te eet.

Ek het vir myself Essie Honiball se boek gekoop met die titel  “Ek leef van vrugte vandag” wat my nog meer oortuig het, want sy het vir meer as 30 jaar net vrugte en neute geëet en gesond gebly sonder tekortkominge. Aanvanklik wou ek net 10 dae die rou vrugte diëet doen om te detoks terwyl ek die inligting bestudeer. Die detoks simptome was erg by my: Hoofpyn of erge dikkop, naar, geïrriteerd en ongeduldig agv die baie vrugte suiker en neute help dit stabiliseer, my oë is branderig en rooierig met swart kring onder my oë, voel erg moeg en nie veel energie nie, stoelgang was baie en erg losserig,gelerig en sterk ruikend, my sweet het ook sterk geruik.

 Die 1ste 10 dae het ek erge cravings gekry na soet kos en dierlike proteïene. Ten spyte van die detoks en goor voel heeldag het ek deurgedruk,want dis deel van die terapie. Toe besluit ek om nog 10 dae dit uit te toets omdat ek nog nie 100% gerus was oor die vreemde manier van eet nie. Jare se indroktrinasie oor dierlike proteïne moes eers uit my sisteem kom. Ek kom toe agter dat die

“cravings” na soet kos en dierlike proteïene besig is om te verdwyn

My detoks simptome raak minder erg en besluit om nog 10 dae dit uit te toets. Die kort termyn doelstellings het my gedra om te kan volhou. My liggaam het baie positief begin reageer en het besluit om dit my nuwe leefwyse te maak! Dit was ʼn aanpassing om sosiaal te wees met die nuwe leefwyse. Dit is nie goed om jouself af te sonder om dit te kan handhaaf nie en het weer sosiaal begin verkeer. As ons gaan uiteet het ek die vegetariese opsie geneem. My vriende het dit aanvaar dat ek so eet vir my gesondheid en het gehoop om daardeur ʼn goeie voorbeeld te wees. Tuis is ek dan weer strenger met die rou vrugte,slaai

en groente.

Die volgende verbeterings het ek waargeneem na ek een maand die regte manier geëet het:

-My lus vir vleis,vis en hoender is heel weg.

-My spierpyne het heel verdwyn en kan vêr stap sonder lyfseer wat dit ʼn plesier gemaak het om te oefen.

-My gewrigspyne het verdwyn.

-Baie energie, lus soggens om op te staan en te gaan stap. M.a.w. jou lus vir die lewe is weer daar.

-Ek slaap die nagte goed deur en diep sonder om te moet opstaan vir toilet nie.

-Selfs in die dag is my blaas vermoë goed en gaan minder toilet toe ten spyte dat ek 2 liter water per dag drink.

-My naels het verhard en split/skilfer glad nie meer nie.

-My hare val glad nie meer uit nie.

-My vel is gladder.

-Ek is nie meer koulik nie en kry daarom nie meer so maklik koud nie.

-My suikervlakke is meer stabiel.

Ek is nie ʼn diabeet nie maar het maklik suikerlaagtes ervaar agv my uitgeputte byniere. Hoe langer ek vrugte eet hoe minder geïriteerd het ek geraak en kan nou groot hoeveelhede vrugte eet sonder om bewerig te voel al kombineer ek dit nog met geweekte neute of neutesmere. Daarom het ek in die begin min vrugte op ʼn slag geëet en selfs elke uur geëet en stadig maar seker vermeerder soos ek dit kon hanteer. Gelukkig word mens nie beperk wanneer en hoeveel jy eet nie. Solank jy nie honger word nie.

-My “cravings” na soet goed is heel weg.

-My liggaamsreuke is glad nie meer sterk nie.

-Ek raak minder dors deur die dag waar ek vroeër aanmekaar dors was.

-Omdat suiwel gelos het is my neus minder verstop.

-My opelyf is gereeld en meer gevorm wat minder sterk ruik.

-My gewig het stadig maar seker gedaal en gestabiliseer tot my regte gewig .

Die vrugte diëet veroorsaak wel dat jou gesig sy volheid verloor en meer plooie kry wat ek met grasie dra vir my gesondheid.

-Die swart kringe onder die oë het verdwyn en my oë voel glad nie meer krapperig of rooi nie.

-My verstand is heel helder

Sodra ek afwyk van die gesonde manier van eet begin my negatiewe simptome weer een een verskyn omdat my liggaam swaar kry !!!

Dit is nie altyd maklik om daarmee vol te hou nie maar jou liggaam dwing jou daartoe en ek is dankbaar dat Dr Charl en Malinda oor my pad gekom met goeie raad en ondersteuning.

Groetnis met ʼn blye hart.

Mia du Plessis
Mia du PlessisHier volg my gesondheids verhaal, in kort, as getuienis oor die goedheid van die vrugte diëet.Ongeveer 10 jaar terug het my kroniese Moegheid sindroom baie erg geraak. Die mediese wêreld se manier van genees het ek al 30jr gelede verlaat omdat die chemiese behandeling my sieker laat voel het en my oortuiging dat …

Mia du Plessis Read More »

Kietie Muller
Kietie MullerMy naam is Kietie Muller en hier is my getuienis oor die behandeling wat ek ontvang van “Metabole” dr Charl en Malinda du Randt. Ek is 'n hele ruk gelede, deur my Oogkundige, gediagnoseer met glukoom, 'n siekte wat later blindheid veroorsaak. Ek en my man het toe 'n afspraak gemaak met dr Charl …

Kietie Muller Read More »

Hannatjie Goosen
Hannatjie GoosenShalom liewe Malinda, Ek wil net begin deur vir Vader YHVH baie dankie te sê, dat Hy julle op my pad gebring het.Ek het in Maart 2021 begin om Ivermectin, die diere een, te drink. Gelukkig het ek minder as die helfte van die dosis gedrink, Binne n week het my regterhand opgeswel, sommer …

Hannatjie Goosen Read More »

Eve Du Rand
Eve Du RandDearest Charl and Malinda You two have been faithful and loyal friends and you are always available to answer questions even when often the question is about someone else’s health or lack thereof. You are both dedicated and passionate to helping people take responsibility for their lives and what Roy and I have …

Eve Du Rand Read More »

Estelle Snyman
Estelle SnymanI have known dr Charl & Malinda du Randt for the past 17 to 18 years when my search for health began. Over the years Dr Charl has been helpful in, not only treating me and helping me to get on the right path again, but also to advise which books to read to …

Estelle Snyman Read More »

Karin Hanekom
Ek is nou 50 en het nog altyd ‘n besige en stresvolle lewe gehad as prokureur met die bedryf van ‘n firma, personeel en gesin by die huis.

IMPORTANT NOTICE: The information provided on Metabole Wellness is intended for your general knowledge only and is not a substitute for professional medical advice or treatment for specific medical conditions. Always seek the advice of your physician or other qualified healthcare provider with any questions you may have regarding a medical condition. The information on this website is not intended to diagnose, treat, cure, or prevent disease. Never disregard medical advice or delay in seeking it because of something you have read on MetaboleWellness.com. Products sold and promoted on this website are for personal use and not for resale, and have not been evaluated by the Food and Drug Administration. Please note that Metabole Wellness promotes products from other natural health and wellness providers. Please regard any links provided on this website as affiliate links. We may earn a small commission whenever you choose to purchase a product through any of the links we provide on this website. Please read our full affiliate policy here.


Contact Us

028 551 2539

087 809 0229

082 378 1014

084 515 3180

metaboleadmin@metabole.com

Social

© 2021 Metabole Wellness - All rights reserved

Website designed by Blue Sphynx - Image Engineering