Kietie Muller
My naam is Kietie Muller en hier is my getuienis oor die behandeling wat ek ontvang van “Metabole” dr Charl en Malinda du Randt.
Ek is ‘n hele ruk gelede, deur my Oogkundige, gediagnoseer met glukoom, ‘n siekte wat later blindheid veroorsaak. Ek en my man het toe ‘n afspraak gemaak met dr Charl du Randt, Naturopaat, en hom gaan spreek. Ons is vriendelik ontvang en heel gemaklik het ek gesit terwyl dokter die “masjien” aan my arms en voete koppel sodat hy op die rekenaar kon sien wat my “probleem” is en watter aanvullings voorgeskryf moet word.
Op daardie stadium was die probleem met my regter-oog en al wat ek deur daardie oog kon sien, was ‘n donker kol reg in die middel – kon gladnie lees met daai oog nie! ‘n Ruk later (weet nie presies hoeveel dae nie), het die donker kol in die middel verander na ‘n ligte grys kol. Na presies twee weke en twee dae het ek die verrassing van my lewe gekry toe ek besef dat ek KAN SIEN deur daai oog! In daardie kol in die middel was daar nou klein sirkeltjies en tussen hulle kon ek woordjies letter vir letter baie stadig SIEN!
Ek kan net se baie, baie dankie aan dr Charl en Malinda du Randt vir die fenominale “werk” wat julle doen. Dit word opreg waardeer.
Alle eer en verheerliking aan ons Hemelse Vader dat Hy vir ons gelei het deur die Ruach.
Baie seen vir julle.
Groete Kietie
Ns: Jy wie hier lees, hou net goeie moed. Bly by die eetpatroon en gebruik die aanvullings soos voorgeskryf. Alles sal regkom. Kry genoeg rus.
IMPORTANT NOTICE: The information provided on Metabole Wellness is intended for your general knowledge only and is not a substitute for professional medical advice or treatment for specific medical conditions. Always seek the advice of your physician or other qualified healthcare provider with any questions you may have regarding a medical condition. The information on this website is not intended to diagnose, treat, cure, or prevent disease. Never disregard medical advice or delay in seeking it because of something you have read on MetaboleWellness.com. Products sold and promoted on this website are for personal use and not for resale, and have not been evaluated by the Food and Drug Administration. Please note that Metabole Wellness promotes products from other natural health and wellness providers. Please regard any links provided on this website as affiliate links. We may earn a small commission whenever you choose to purchase a product through any of the links we provide on this website. Please read our full affiliate policy here.
© 2021 Metabole Wellness – All rights reserved
Website designed by Blue Sphynx – Image Engineering