Karin Hanekom
Ek is nou 50 en het nog altyd ‘n besige en stresvolle lewe gehad as prokureur met die bedryf van ‘n firma, personeel en gesin by die huis.
Ek het skielik in Oktober 2014 oornag agtergekom ek is van balans af en begin eienaardig loop. Dit was Maandag en ek was die vorige week by huisdokter aangesien ek vermoed het ek kon dalk gordelroos he maar aangesien ek nie uitgeslaan het nie is my vermoede nie bevestig nie. Nog drie dae later en ek kan glad nie meer loop nie en ek tel my arms moeisaam op, ek het nie beheer oor my oe nie en daar is ‘n konstante gesuis in my ore.
Ek word opgeneem in Medi-Clinic en is vir 12 dae in hospitaal na verskeie MRIscans, lumbale punksies, bloedtoetste, mammogram, X-strale ens. Vermoedens sluit in kanker, MS, en kan nie onthou wat nog alles nie.
Aangesien daar geen aanvaarbae bevinding was nie, is ek ontslaan met die idee dat neoroloog verdere toeste sal uitvoer. Ek is ontnugter en kan nog nie loop nie, my oe is nie gestabiliseer nie, ore suis, ek is ongebalanseerd en ongediagnoseer.
Ek is vir ten minste drie maande “afgeboek” wat ek geweet het onmoontlik is weens werksverpliginge wat my net nog meer angstig gemaak het. Ongeveer 2 -3 weke na ek ontslaan is, weier ek nog steeds om vir verdere neurologiese toetse te gaan omrede daar geen bevinding in hospitaal gemaak kon word nie maar loop iemand raak wat met oorgawe van Metabole getuig en daar en dan is ‘n afspraak by Dr Charl en Malinda Du Randt gemaak, wat my tot vandag toe nog dankbaar maak dat ek wel teespoed opgetel het, anders het ek dalk nie vandag beter gevoel aswat ek gevoel het voor ek siek geraak het nie, en dis die reine waarheid.
Charl het binne etlike minute nadat my ondersoek begin het navraag gedoen oor hoe ek my dieet aangepas het na my galblaas verwyder is ‘n jaar vantevore. Ek het natuurlik geantwoord dat ek dit glad nie verander het nie want niemand het my daaroor ingelig nie en was die fokus eerder net daarop om my galblaas te verwyder ten einde toekomstige probleme te verhoed. Hy het verder aangedui dat menige algemene praktisyn in alle waarskynlikheid sal meld dat daar nie ‘n verband tussen ‘n aangepaste dieet en verwydering van galblaas is nie.
(Na afloop van my besoek aan Charl en Malinda was ek weer by die internis wat Charl se mededeling aan my bevestig het en was ek weereens dankbaar dat die teespoed my by Charl uitgebring het want daar was nooit ‘n verband tuisgebring tussen my huidige probleem en verwydering van galblaas nie.)
Charl het so mooi verduidelik dat ‘n sterk immuniteit menige wolf van die deur af kan weghou en dat ongeag jou siekte, diagnose, mis-diagnose moet jou gestel eenvoudig net opgebou word en daarvoor is essensiele kennis met my gedeel, praktiese riglyne gegee vir aanpassings in dieet en aanvullings.
Ek het nie die tyd om eie navorsing te doen nie en ook nie tyd om navraag te doen oor watter mediese dokter of ekspert die beste is om by navraag te doen nie, want ek en menige ander dokter en ekspert kon nie vasstel wat fout met my was nie. Ek was afhanklik van betroubare en weldeurdagte inligting en aanwysings en was nie bereid om ‘n proefkonyn te wees vir medikasie wat die simptoom eerder as die oorsaak onder bedwang bring nie. Hoe onnatuurlik is dit
nie?!
Daar bestaan nie iets soos toeval nie. Dit was ‘n “bestuuring” dat my pad sou kruis met Charl en Malinda. Hulle logiese verduideliking het soveel gemoedsrus gebring alhoewel dit aanvanklik effens traumaties was om riglyne te volg wat gebaseer was op “rou kosse” terwyl lekker eet vir my baie belangrik was.
Die verskeidenheid produkte was ook aanvanklik intimiderend maar ek het volgehou daarmee en na een maand was ek terug by my werk en nie die 3 maande soos tevore genoem nie. Ek het wel ‘n neuroloog besoek op aandrang van die internis wat graag ‘n bevinding wou maak gebaseer op toetse en uitslae wat toe wel van mening was dat ek gordelroos kon gehad het wat deur ‘n kombinasie van stress en lae immuniteit “geaktiveer” kon wees en onbehandel, het die “herpes zoster”- virus
na my kleinbrein versprei en my senuwee-stelsel aangeval, wat baie stadig sou herstel.
Dit is nou meer as ‘n jaar sedert my siekte en wat na amper ‘n halwe jaar vir my opmerklik was, was die feit dat , ongeag die herstelproses van my senuweestelsel, ek baie beter gevoel het as voor ek siek geword het en nou eers besef dat ek glad nie gesond was voor die tyd nie. Ek het weer “lewenslus / lewensvreugde” wat afwesig was.
Dankie vir die deure wat vir my oopgemaak is, dankie dat dit natuurlik en volhoubaar is. Dankie vir Metabole, dankie vir Dr Charl en Malinda, dankie vir gesondheid!!
IMPORTANT NOTICE: The information provided on Metabole Wellness is intended for your general knowledge only and is not a substitute for professional medical advice or treatment for specific medical conditions. Always seek the advice of your physician or other qualified healthcare provider with any questions you may have regarding a medical condition. The information on this website is not intended to diagnose, treat, cure, or prevent disease. Never disregard medical advice or delay in seeking it because of something you have read on MetaboleWellness.com. Products sold and promoted on this website are for personal use and not for resale, and have not been evaluated by the Food and Drug Administration. Please note that Metabole Wellness promotes products from other natural health and wellness providers. Please regard any links provided on this website as affiliate links. We may earn a small commission whenever you choose to purchase a product through any of the links we provide on this website. Please read our full affiliate policy here.
© 2021 Metabole Wellness – All rights reserved
Website designed by Blue Sphynx – Image Engineering